Kom geniet die natuur saam u famielie en vriend. Die plaas is 500 Ha met wild heining rondom waar in u kan rondry en wild besigtig met u voertuig , daar is nie gevaarlike wild nie, so u kan self deur die plaas ry met u fietse of stap sou u dit so wil doen.

Die plaas is ook diere vriendelik, u kan troetel diere saam bring as hulle nie n gevaar is vir die wild en diere op die plaas nie. U is meer as welkom om in die grond damme te swem sou die hitte teveel raak deur die dag.

Daar is n sement pad op teen die berg met die mooiste uitsig van die omgewing. As u gelukkig is sal u ook die Witkruis Arende sien wat op die berg broei vir baie jare al.

Op die klein los randjie is daar self op klippe geskryf met datums van so oud as 1915 / 1930 kom kyk of u dit kry!